- "Ek wens half-en-half ek was dubbelhandig."
- "As jy by 'n tweesprong kom, dan moet jy spring."
- "Deur slegs op te let sal jy minder sleg op goed let."
- "Almal vermy dit, want te veel mense gaan deesdae soontoe." (toe hy gevra is hoekom hy nie meer na 'n bepaalde uithangplek gaan nie)
- "Ek kan nie konsentreer as ek besig is om te dink nie."
- "Die toekoms was voorheen so anders gewees."
- "Ek gaan nie vir mý kinders ensiklopedieë koop nie. Hulle kan hullesélf na plekke bring."
- "Ons is die rigting kwyt, maar is darem reguit op pad."
- "Hulle verdraai altyd halwe waarhede oor my verkeerd."
- "'n Dooie duit is deesdae te dik vir 'n daalder."
- "Ons kry al weer daai déjà-vu wat ons al voorheen gevoel het."
- "Dis eers klaar wanneer klaar klaar is."
- Mary Lindsay (burgemeester se vrou, op 'n warm dag, aan Yogi Berra in sy somersportuniform): "Sjoe, ek word skoon klam van al dié hitte." Yogi Berra: "Nee wat, u lyk glad nie vir my aangeklam nie."
- "'n Volmaakte wêreld is eintlik nie ideaal nie."